


As lid van die Alumni kan jy betrokke bly by die ontwikkeling en groei van ons skool deur terug te gee aan die skool wat deel was van jou vorming en groei.
Die Alumni bied ‘n unieke geleentheid om kontak te maak met oudskoliere; en die goeie ou dae te herleef.
Deur by die Alumni aan te sluit bly jy op hoogte van nuus en geleenthede wat relevant is vir ons skoolgemeenskap. Dit sluit reünies en ander spesiale geleenthede op die skoolkalender in.
Die Wesvalia Alumni kan ‘n groot verskil maak en Hoërskool Wesvalia ‘n groter krag in die provinsie maak deur kwaliteit fasiliteite op alle gebiede – akademie, kultuur en sport – daar te stel.
Die ongeveer 7000 leerders wat van 1978 gematrikuleer het, kan werklik ‘n groot verskil in ons skool maak.
WIE MAG AANSLUIT
* Oud-leerlinge / Alumni
* Ouers
* Oud-Onderwysers
Die platform word gebruik om die databasis van Alumni-lede te administreer. Deur te registreer word jy deel van die Wessie familie en ‘n private netwerk waar lede met mekaar kan kommunikeer en mekaar op professionele vlak kan ondersteun.
Dit bied ook die geleentheid om reünies makliker te kan reël en beplan. Lede sal kan aandui in watter aangeleenthede hulle belang stel – of dit kultuur of sport is. Ons sien uit daarna om u weer te verwelkom in die Wessie familie.
Die stigting is nie-winsgewende en is Artikel 18A geregistreerd. Met hierdie registrasie kan die stigting 18A-belastingsertifikate uitreik vir enige skenking.

registreer



+27 18 468 1023/4
+27 18 468 6792
Kontak ons: bemarking@wesvalia.co.za
Praat met ons/Klagtelyn: gabri@agmtn.co.za
H/v Readman en Scottstraat, Wilkoppies, Klerksdorp
Privaatsak X8, Klerksdorp, Flamwood, 257

Proudly designed by Kri8 MediaHouse | 2024