

Kultuur vorm ‘n integrale deel van die Wesvalia-ervaring. Ons glo in die ontwikkeling van veelsydige leerders en bied ‘n ryk verskeidenheid kulturele aktiwiteite. Van ons bekroonde koor tot ons lewendige toneelverenigings, daar is iets vir elke leerder om hul kreatiwiteit uit te leef.


Kultuur in Wesvalia is ‘n lewenslange passie, ‘n alledaagse avontuur, ‘n stil verslawing en ‘n bron van oneindige vreugde! Die kultuuraktiwiteite wat aangebied word is ‘n uitdaging vir ‘n ieder en elk en ons trek van skaakspelers tot jou geharde rugbyspelers.
Wesvalia is die enigste skool in die omgewing wat kan spog met ‘n groot verskeidenheid kultuuraktiwiteite waar daar vir elke kind ‘n geleentheid is om uit te leef in kultuur.

L. v.d Merwe
Kultuurhoof

E.de Korte
Redenaars

T. de Beer
Fotografie, Kunsuitstallings

H. van Niekerk
Public Speaking, Jaarblad

M. Wilson
Musiek

B. Pienaar
CSV Rooibank

C. Calitz
Redenaars

Loumarie Visage
Landsdiens

Kultuuraktiwiteite


ORGANISEERDER – Mnr Ben Pienaar
Dis ‘n geestelike geselstyd waar gaste geleentheid kry om vrae van ons leerders te antwoord. Ons twee aanbieders skep ‘n gemaklike atmosfeer waar ons as skool saam kan leer deur die antwoorde wat ons gaste gee. Alles is gesentreerd om die Woord en is gefokus om ons leerders na Jesus toe te wys. Elke Rooibank het ‘n unieke tema wat uit ons leerders se behoeftes kom.
B. Pienaar

Vir die ATKV is die Afrikaanse taal, kultuur, kennis en kreatiwiteit onmisbaar deel van nasiebou, versoening en ‘n suksesvolle Suid-Afrika.
Doel van die ATKV:
- die Afrikaanse taal uit te bou;
- ‘n Afrikaanse kultuur uitkomste bied;
- relevant en geloofwaardig wees;
- ontwikkelingsgerig wees;
- netwerke vestig en uitbou;
- ekonomies kragtig en volhoubaar wees;
- die demografie van die Afrikaanse gemeenskap verteenwoordig;
- eietyds en dinamies wees;
- eie ATKV-handelsmerkwaarde koester.
ATKV-waardes
- Die ATKV word gekenmerk deur die Christelik-Bybelse grondslag.
- Die ATKV bedryf aktiwiteite volgens gesonde sakebeginsels.
- Die ATKV is verbind tot goeie korporatiewe bestuur.
Die ATKV se besluitneming en optrede is gebaseer op die etiese waardes van: verantwoordelikheid, aanspreeklikheid, billikheid, deursigtigheid, respek, gelykheid en menswaardigheid.
C Calitz-


ORGANISEERDER – Me. Thea de Beer
Ons het ons eie fotografieklub waar leerders opgelei word om professionele fotograwe te word. Iets wat hul vir die res van hul lewens kan gebruik.
Future Photographerz bied elke Donderdag van 14:00 tot 15:00 fotografie-klasse aan in die kunsklas ( kamer 2). Leerders ontvang teorie aantekeninge en kan maandeliks deel neem aan fotografie – kompetisies. Alle fasette van fotografie word aangeraak.
Die kursus strek oor twee jaar en leerders verwerf ‘n junior geakkrediteerde diploma van VEGA. Die instansie verskaf al die kameras tydens klastyd. Eie kameras is nie verpligtend nie. Besoek hul webwerf by www.futurephotographerz.com.
Leerders pas hul teorie-les prakties toe onder leiding van Future Photographerz se verteenwoordiger.
Die fotografieklasse bied die leerder die geleentheid om sy/haar oog vir die estetika te ontwikkel. Die neem van foto’s vorm ‘n integrale deel van ons tieners se lewens. Honderde foto’s word met hul selfone geneem. Die klasse verryk en ontwikkel hul kennis en komposisie ( kleur, oogbaan, fokuspunt ens.)
Kreatiwiteit is ‘n vaardigheid wat noodsaaklik is in enige skoolvak. Die leerder word aangemoedig om sy/haar kreatiwiteit te ontwikkel deur ‘n praktiese waardering en ontleding van die estetiese in sy/haar onmiddellike omgewing. Oorspronklikheid en kreatiwiteit word toegepas in alle fasette van fotografie en bemagtig die leerder om dit ten alle tye in hul lewens te gebruik.
T. de Beer



ORGANISEERDER – Mev. T. de Beer
Mev. Thea de Beer, as organiseerder van ons kunsuitstalling, bring ‘n passie vir kuns en ‘n toewyding tot die ontwikkeling van kreatiewe uitdrukkingsvermoë by ons skool. Sy erken die waarde van deursettingsvermoë en harde werk in die aanleer van waarneming, visuele geletterdheid en die gebruik van kreatiwiteit om oorspronklike oplossings vir probleme te vind. Sy bied ‘n omgewing waarin leerders die geleentheid kry om die korrekte vaardighede in verskeie media en tegnieke te bemeester, terwyl elkeen deur die proses van kunskepping geslyp word soos ‘n diamant.
Suksesvolle kunskepping is ‘n ervaring wat leerders se menswees ontwikkel en hul selfvertroue laat groei. Hierdie groeiende selfvertroue en ontwikkelende menswees word weerspieël in die unieke kunswerke wat iets van elke leerder se siel en persoonlikheid weerspieël.
Die jaarlikse kunsuitstalling is ‘n hoogtepunt op ons skoolkalender. Dit bied ‘n platform waar elke kunsleerder kan spog met hul kunswerke van hoogstaande gehalte. Mev. de Beer se leiding en ondersteuning verseker dat hierdie uitstalling ‘n viering is van kreatiwiteit, uitnemendheid en selfontplooiing vir elke leerder by ons skool.
Mev. T. de Beer

ORGANISEERDER – Me. Hesta van Niekerk
Die jaarblad verskyn gewoonlik in Desember. Leerders bestel en betaal vooraf en ontvang die blad saam met sy/haar rapport aan die einde van die jaar.
Die blad word gefinansier deur bladgelde, maar veral deur advertensies. Volbald-advertensies in kleur kos in die omgewing van R2000. Halfblad (swart en wit) R1000 en kwartblad R600. Advertensies kan aan die begin van die derde kwartaal ingestuur word. Bladgelde beloop in die omgewing van R150-R180 per eksemplaar.
Foto’s (formeel, sport en kultuur) word deur die jaar geneem. Alle sport, ook buite-skoolverband, word gedek. Nie net sport- en kultuuraktiwiteite word gedek nie, maar ook matriekafskeid, toere, sosiale funksies, uitstappies en dies meer.
Die eerste gedeelte word aan die matriekleerders gewy en beskik oor meer inligting rakende die matrieks. Die doel hiermee is om, veral vir die matrieks, dan ook te dien as herinnering aan hulle hoërskoolloopbaan en as koffie-tafelboek. Daarom het die matriekblad ook ‘n duursamer buiteblad met die foto en naam van elke matrikulant op die buiteblad.
H. van Niekerk


ORGANISEERDER – Me. Hesta van Niekerk
‘n “Engelse” redenaarskompetisie vir die leerders van Wesvalia waar hulle die geleentheid kry om ‘n toespraak voor te berei en dit dan aan onafhanklike beoordelaars te kom voorhou.
Daar is twee afdelings: Juniors (Gr 8 & 9) en Seniors (Gr 10-12). Die 1ste 3 plekke neem aan die Interskole vir Afrikaanse skole deel.
Die 1ste twee plekke wat hier aangewys word neem deel aan die Interskole vir Eerste taalsprekers.
H. van Niekerk

Ligte! Kamera! Aksie!
Die planke van Tharseo Theatro se verhoog kreun luid en lekker soos die leerders van Wesvalia Drama Akademie smiddae gereedmaak om gehore te betower met toneelspel uit die boonste rakke.
Hier by Wesvalia Drama Akademie se verhoog kan leerders van alle ouderdomme deel wees van pret produksies en hul passie vir die uitvoerende kunste op gereelde basis uitleef.
Kontak Liena van der Merwe 083 743 1856
L. van der Merwe


ORGANISEERDER – Me. Visagie
Me Visagie tree op as die organiseerders van ons landsdiensinisiatief, ‘n beweging wat beoog om ‘n liefde vir God, naasteliefde, die natuur en arbeid by ons leerders te kweek.
Leerders registreer by Noordwes Landsdiens en word aangemoedig om deel te neem aan aktiwiteite wat die gemeenskap dien. Daarbenewens word leerders beloon vir hul prestasies. Jaarliks bied ons provinsiale- en nasionale kampe aan, wat leerders die geleentheid bied om hul deelname aan die landsdiens te verdiep en uit te brei.
Me. Visagie



Mnr & Mej: Ons sien uit na ons jaarlikse bekroning van Mnr en Mej Wesvalia.



+27 18 468 1023/4
+27 18 468 6792
Kontak ons: bemarking@wesvalia.co.za
Praat met ons/Klagtelyn: gabri@agmtn.co.za
H/v Readman en Scottstraat, Wilkoppies, Klerksdorp
Privaatsak X8, Klerksdorp, Flamwood, 257

Proudly designed by Kri8 MediaHouse | 2024