

By Hoërskool Wesvalia streef ons na akademiese uitnemendheid. Ons bied ‘n uitdagende en stimulerende leeromgewing wat ons leerders voorberei vir verdere studies en die arbeidsmark. Ons toegewyde onderwysers gebruik innoverende onderrigmetodes om kritiese denke en ‘n liefde vir leer te bevorder.
Ons akademiese program sluit ‘n wye verskeidenheid vakke in, insluitend tale, wiskunde, natuurwetenskappe, sosiale wetenskappe en tegnologie. Vir enige navrae, volg die skakel onder om met ons in kontak te kom.

M. Venter - Waarnemdende Adjunkhoof - Akademie
Vir enige navrae rakende akademie, is u welkom om Me. Marthie Venter te kontak.
mventer@wesvalia.co.za

Alhoewel die kollig by Wesvalia op gebalanseerdheid val, is akademie uiters belangrik. Hoërskool Wesvalia staan bekend as die beste akademiese hoërskool in die omgewing. Wesvalia is die enigste hoërskool in Klerksdorp op die lys van Top 100 skole in Suid-Afrika.
Ons is ‘n top akademiese skool wat ruimte bied vir leerders oor die hele spektrum wat bereid is om hard te werk en hul deel te doen.
Hoërskool Wesvalia beskik oor ‘n puik vakkundige personeelkorps met ‘n goeie balans tussen ervare en jong onderwysers.
Ons bied die volgende:
- Graad 8 -12 ekstra akademiese hulp, Maandae tot Vrydae 14:00-15:00
Onderwysers is beskikbaar vir akademiese afsprake op versoek van die leerders. - Wiskunde Hulpklasse
Word vir leerders aangebied en is gratis. - Winterskool
Word jaarliks soos toegelaat tydens die winterskoolvakansie vir die graad 12 leerders aangebied ter voorbereiding vir die Rekord- en Eindeksamen. - Vakinligtingsaand
Ons bied vir ons leerders die volgende addisionele geleenthede:
Vakinligtingsaand vir graad 9 leerders.
Wesvalia is ‘n skool waar almal sal inpas, akademies sal groei en ontwikkel. Dit sal verseker dat jy ‘n goeie matrieksertifikaat asook universiteitstoelating kan ontvang om sodoende ‘n suksesvolle toekoms te verseker.




+27 18 468 1023/4
+27 18 468 6792
Kontak ons: bemarking@wesvalia.co.za
Praat met ons/Klagtelyn: gabri@agmtn.co.za
H/v Readman en Scottstraat, Wilkoppies, Klerksdorp
Privaatsak X8, Klerksdorp, Flamwood, 257

Proudly designed by Kri8 MediaHouse | 2024