Sport speel ‘n belangrike rol in die holistiese ontwikkeling van ons leerders by Hoërskool Wesvalia. Ons bied ‘n wye verskeidenheid sportsoorte aan, insluitend rugby, netbal, krieket, hokkie, atletiek, swem, tennis en veel meer. Ons uitstekende fasiliteite en ervare afrigters help ons leerders om hul volle potensiaal te bereik.

Die Hoë Prestasie Sentrum van Hoërskool Wesvalia is die hartklop van ons skool se sportprogram, waar talent omgeskakel word in uitmuntendheid. Hierdie ultramoderne fasiliteit, toegerus met die nuutste tegnologie en onder leiding van ervare afrigters, stel ons atlete in staat om nuwe hoogtes in hul gekose sportsoorte te bereik

Wesvalia fokus nie net op een sportsoort nie. Hier is al die sportsoorte ewe belangrik.

Sportbestuurder en Organiseerders
Mnr. Willem van der Sandt (waarnemend)

Wesvalia bied die volgende sportsoorte aan:

  • Atletiek
  • Gholf
  • Hokkie vir seuns en dogters
  • Krieket
  • Landloop
  • Netbal
  • Rugby
  • Skaak
  • Swem
    • Tennis
    • Perdry
    • Fietsry
    • Boogskiet
    • Luggeweerskiet
    • Hengel
    • Trompoppies
    • Robotics

    Ons maak gebruik van onderwysers, sowel as buite-afrigters, wat ‘n positiewe en sigbare impak in die ontwikkeling van sport maak.

    KONDISIONEERDER

    Monty Pienaar (Sport Kondisioneeder)

    Ons beskik oor uitstekende spesialis dienste van top-afrigters en ook biokinetikus, Monty Pienaar wat reeds verskeie top toekennings ingepalm het.

    Monty is verantwoordelik vir kondisionering, behandeling van beserings en afronding vir al Wesvalia se sportsoorte.

    Atletiek en Landloop

    Wessie-atletiek staan uit vir topgehalte afrigting, harde werk en uitsonderlike atlete. Hoërskool Wesvalia se atletiek presteer jaarliks .Die Wessies neem deel aan gesogte kompetisies soos die UJ Top 15, TUKS Top 10, NWU Top 30 en Naboomspruit Top 20.

    Met afrigters wat internasionale ervaring het oefen ons atlete deur die jaar op ‘n eersteklas grasbaan. Ons landloop-afrigters lewer gereeld Noordwes- en SA-kampioene op en fokus op die oordra van waardevolle kennis aan jong atlete.

    Vir enige navrae, kontak gerus vir Nadia Hamman by 0823223772

    #WessieAtletiek

    Gholf

    Gholf by Hoërskool Wesvalia is ’n uiters gewilde sport. Ons spanne neem deel aan die skoleliga en speel gereeld teen verskeie skole. Elke jaar gaan ons ook op ’n gholftoer. Gholf leer ons leerders waardevolle dissipline en help hulle om doeltreffend onder druk te presteer.

    Wesvalia se gholfprogram bied leerders die geleentheid om op van die beste bane in Noordwes deel te neem. Hierdie sport kweek selfdissipline, nie net op die baan nie, maar ook in hul alledaagse lewe. 

    Vir enige navrae, kontak gerus vir Jannie Swanepoel by 0828558585

    #WessieGholf

    Krieket

    Krieket is een van die belangrikste sportsoorte by Wesvalia en word regdeur die jaar deur seuns en dogters op verskeie vlakke beoefen. Die krieket-akademie se afrigters is voortdurend besig om spelers professioneel te ontwikkel, lewensvaardighede aan te leer, en voldoende geleenthede te skep vir deelname aan beide kompeterende en sosiale wedstryde.

    Wesvalia spog met seuns- én dogterspanne wat aan die Noordwes-liga deelneem. Spelers maak gedurende die seisoen gebruik van die skool se Hoëprestasie Sentrum (HPC) vir optimale kondisionering, met ‘n gefokusde program op krag, spoed en soepelheid.

    Oefeninge vind daagliks plaas, en wedstryde word van Maandag tot Saterdag gespeel. Die jaarlikse kriekettoer bied verdere geleenthede om teen skole en provinsies te speel, terwyl verskeie spelers ook vir distrikspanne gekies word.

    Krieket by Wesvalia is oop vir beide seuns en dogters.

    Vir enige navrae, kontak gerus vir Juan le Roux by 0835555248

    #WessieKrieket

    Netbal

    By Hoërskool Wesvalia is ons netbal daarop gemik om ’n liefde vir die sport te kweek en talent te ontwikkel, terwyl ons ook fokus op die bou van sterk karakter. Dit is noodsaaklik vir ons meisies om voorbereid te wees vir die uitdagings van die toekoms. Ons streef daarna om spelers van hoë intellek en harde werk te ontwikkel, en leer hulle die toewyding wat dit verg om deel van ‘n span te wees en as ‘n eenheid te funksioneer. Wesvalia Netbal neem deel aan die Puk-reeks, wat vir ons meisies voldoende blootstelling bied om nie net hul liefde vir die sport te versterk nie, maar ook om hulself as leiers en mededingende spelers te ontwikkel. Ons is verbind tot die skepping van realistiese roetes na sukses in alle aspekte van die sport en stel individue in staat om hul persoonlike beste binne ’n ondersteunende gemeenskap te bereik. Ons missie beklemtoon ’n sterk gemeenskapsgees, met fokus op die ontwikkeling van ons spelers. Ons bied geleenthede om in ’n prettige, vriendelike, nuttige en veilige omgewing te speel, af te rig en netbal te bestuur. Wesvalia Netbal se boustene en waardes sluit in: Gesindheid – ’n Positiewe ingesteldheid lei tot positiewe resultate. Veiligheid – Plaas altyd veiligheid eerste en speel verantwoordelik. Eerlikheid – Wees altyd opreg en eerlik in jou spel en gedrag. 

    Vir enige navrae, kontak gerus vir Nadia Hamman by 0823223772

    #WessieNetbal

    Boogskiet

    Boogskiet is ‘n waardevolle sport wat fisiese, verstandelike en emosionele voordele bied. Dit bevorder fokus, dissipline en selfbeheersing, en leer deelnemers geduld en konsentrasie – vaardighede wat in sport en die lewe belangrik is.

    Toeganklik vir almal, ongeag ouderdom of fiksheid, help boogskiet met selfvertroue en doelwitstelling. Dit bevorder persoonlike groei en spanwerk, terwyl dit hand-oog-koördinasie, krag en uithouvermoë verbeter..

    Vir enige navrae, kontak gerus vir Alida Beukes by 0795074192

    #WessieBoogskiet

    Hengel

    Ons streef daarna om ’n waardering en liefde vir hengel as sport te kweek. Die volgende hengelvaardighede van spelers moet voortdurend verbeter: verskillende gooi-tegnieke, aasaanbieding, die lees van water- en hengeltoestande, sowel as wedstrydtemperament en besluitneming.

    Gesonde kompetisie tussen individue en ander skole word aangemoedig, maar die genot van die sport moet altyd voorop staan. Ons doel is om dinamiese hengelspanne saam te stel wat die skool se goeie naam uitdra.

    Alle spanne moet sportmangees, goeie gedrag en regverdigheid handhaaf. Spelers en afrigters moet daarna streef om nie net hul hengelvaardighede te verbeter nie, maar ook die etiese aspekte van hengel na te kom.

    Vir enige navrae, kontak gerus vir Johan Ferreira by 0834507342

    #WessieHengel

    Rugby

    Rugby by Hoërskool Wesvalia is ’n wintersport wat reeds in die eerste kwartaal begin. Ons fokus op die ontwikkeling van elke speler, met A- en B-spanne in alle junior ouderdomsgroepe, en van die 1ste tot 3de spanne in die senior kategorieë.

    Ons bied elke speler die geleentheid om as rugbyspeler te groei en hul posisies te verbeter. Deur hierdie proses kan spelers hul volle potensiaal bereik en hul rugbyloopbaan ten volle geniet. Jaarlikse rugbytoere dra verder by tot spelers se ontwikkeling en spanbou.

    Wesvalia het in 2024 uitstekende resultate behaal in die Skild-afdeling, met drie spanne wat aan die onderskeie finales deelgeneem het. Hierdie prestasie verseker dat ons skool in 2025 na die Plaat-afdeling opgradeer. Dit is die tweede opeenvolgende promosie, nadat ons in 2023 van die Bowl na die Skild-afdeling opgeskuif het.

    Ons is uiters trots op ons manne vir hul veggees en deursettingsvermoë. Julle het die skool se naam hoog gehou en Wessie trots verteenwoordig deur die hele seisoen!

     Vir enige navrae, kontak gerus vir Willem van der Sandt by 0828543117

    #WessieRugby

    Tennis

    By Wesvalia kry tennisspelers volop geleenthede om aan toernooie deel te neem. Ons spog met tennisbane wat snags verlig word deur spreiligte, wat ’n ideale omgewing vir oefening en wedstryde skep. Tennis by Hoërskool Wesvalia word gekenmerk deur pret, spangees, entoesiasme en selfs nasionale prestasies.

    Wesvalia neem jaarliks aan twee toernooie deel, naamlik die Buffelspoort- en Sun City-toernooi. Ons tennisprogram is ook deel van die NWU-Prestige Reeks, wat elke jaar ‘n junior en senior gemengde span insluit. Hierdie reeks bied altyd opwindende en hoë kwaliteit tennis.

    Ons maak gebruik van buite-afrigter, Mnr. Gideon Jordaan, ‘n voormalige SA-speler, wat ’n waardevolle bydrae lewer tot die sukses van ons spelers.

    Vir enige navrae, kontak gerus vir Maxie Kritzinger by 0827277342

    #WessieTennis

    Fietsry

    Wesvalia neem deel aan die “Spur Mountain Bike School Challenge”.

    Die webtuiste vir die Bergfietsry is baie goed uiteengesit en ons moedig elkeen aan om dit te besoek.

    #WessieFietsry

     

    HOKKIE

    Wesvalia se dogters- en seunshokkie spog met ’n ryk tradisie en ’n gesonde hokkiekultuur. Die dogtershokkie-afdeling bestaan uit twee junior spanne, O/14 en O/15, en drie seniorspanne: O/16, 3de, 2de en 1ste-span. Die seunshokkie-afdeling beskik oor ‘n juniorspan en ‘n seniorspan.

    Ons maak gebruik van onderwysers en buite-afrigters wat ‘n positiewe en tasbare impak op die ontwikkeling van beide dogters- en seunshokkie het.

    Wesvalia neem deel aan twee gesogte ligas, die PUK Prestige-reeks en die Platinum Noordwes-liga, sowel as verskeie vriendskaplike wedstryde, wat ’n stewige basis vir hokkieontwikkeling skep.

    #WessieHokkie

    Luggeweer

    Wesvalia is die enigste Afrikaanse Hoërskool in Klerksdorp wat ‘n luggeweerklub besit en luggeweerskiet as sportsoort aanbied, nie net aan sy leerders nie, maar ook aan die publiek. Die skool is geaffilieer by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Luggeweer (SAARA).

    Die Wesvalia Luggeweer, ook bekend as die Klerksdorp Luggeweer Klub, spog met lede en skuts wat nasionaal erkende Protea-kleure verwerf.

    Vir enige navrae, kontak gerus vir Elaine Slabbert by 0825344363

    #WessieLuggeweer

    Skaak

    Skaak bevorder redenasie- en denkvermoë, en by Wesvalia kry leerders die kans om individueel en as span te presteer. Jaarliks neem ons spelers aan die liga deel en lewer uitstekende prestasies.

    By Hoërskool Wesvalia is skaak die sport waar die brein saak maak, en met ‘n “Wessie-brein” het jy reeds die oorhand. Elke jaar lewer ons verskeie spelers vir die Noordwesspan, en in die Puk-reeks.

    Skaak is ’n toets van geheue en probleemoplossingsvermoë, die kern van die spel. Dit bevorder kognitiewe ontwikkeling, geduld, kritiese denke en spanwerk. By Wesvalia is skaak oop vir enige leerder, sonder enige voorvereistes. Leerders wat wil leer speel, is ook welkom. Skaak plaas ons leerders in die ideale posisie om enige teenstander te oortref.

    Vir enige navrae, kontak gerus vir Simone Ferreira by 0720964755

    #WessieSkaak

    TROMPOPPIES

    By Wesvalia glo ons dat houding en postuur nie net fisies is nie, maar ook die fondament van ons sukses as ‘n span vorm. Ons leer ons dogters om gedissiplineerd te wees, om hard te werk en om met trots hul take aan te pak.

    In ons koördinerende danspassies, wat ons as ‘n eenheid uitvoer, is konsentrasie en akkuraatheid van die grootste belang. Elke beweging vereis nie net fisiese vaardigheid nie, maar ook die vermoë om as ‘n span te kommunikeer en saam te werk.

    Vir enige navrae, kontak gerus vir Loumere Visagie by 0832592236

    #WessieTrompoppies

    Ons hoëprestasiesentrum se wetenskaplike benadering en ontwikkeling sal help om jou huidige prestasievlak te verbeter en jou sport doelwitte te bereik.

    Sport-spanne en individue kan van ‘n verskeidenheid dienste kies:

    • Fisiologiese assesserings met behulp van wêreldklaskundigheid en toerusting.
    • Wetenskaplike, geïndividualiseerde oefenprogram.
    • Sport- en individuele atleetkonsultasies.
    • Hoë intensiteit krag- en kondisioneringsessies.
    • Die sentrum is ontwerp om die beste in jou te ontwikkel en is geleë op die terrein van Hoërskool Wesvalia.

    Lidmaatskap

    Maandfooi: R220.00 per maand

    Klasse vir ouers/volwassenes is:

    Maandag, Woensdag, Donderdag – middae
    Tyd: 18:00 tot 19:00
    R400-00 vet persentasie ingesluit

    Maandag, Woendag en Vrydag – oggende

    Tyd: 05:00 tot 06:00
    R400-00 vet persentasie ingesluit

    Kontakpersoon: Monty Pienaar – Sport Biokinetikus
    Sel: 082 854 5387

    +27 18 468 1023/4

    +27 18 468 6792

    Kontak ons: bemarking@wesvalia.co.za

    Praat met ons/Klagtelyn: gabri@agmtn.co.za

    H/v Readman en Scottstraat, Wilkoppies, Klerksdorp

    Privaatsak X8, Klerksdorp, Flamwood, 257

    Proudly designed by Kri8 MediaHouse | 2024