
Hoërskool Wesvalia is ‘n top akademiese hoërskool in Klerksdorp, bekend vir sy hoë standaarde in akademie, sport en kultuur. Die skool bied ‘n omvattende leerervaring aan wat gebalanseerdheid tussen akademiese prestasies en buitemuurse aktiwiteite bevorder.
Wesvalia is die enigste hoërskool in Klerksdorp wat op die lys van die Top 100 skole in Suid-Afrika is.
Die skool het ‘n wye verskeidenheid kultuuraktiwiteite en sportgeleenthede wat leerders van alle agtergronde betrek.
Hoërskool Wesvalia is trots op sy gebalanseerde benadering tot onderwys en die vermoë om leerders oor die hele spektrum te akkommodeer.



Ons beskik oor uitstekende spesialis dienste van top-afrigters en ook biokinetikus, Monty Pienaar wat reeds verskeie top toekennings ingepalm het. Monty is verantwoordelik vir kondisionering, behandeling van beserings en afronding vir al Wesvalia se sportsoorte.



Alhoewel die kollig by Wesvalia op gebalanseerdheid val, is akademie uiters belangrik. Hoërskool Wesvalia staan bekend as die beste akademiese hoërskool in die omgewing. Wesvalia is die enigste hoërskool in Klerksdorp op die lys van Top 100 skole in Suid-Afrika. Ons is ‘n top akademiese skool wat ruimte bied vir leerders oor die hele spektrum wat bereid is om hard te werk en hul deel te doen. Hoërskool Wesvalia beskik oor ‘n puik vakkundige personeelkorps met ‘n goeie balans tussen ervare en jong onderwysers.

Kultuur in Wesvalia is ‘n lewenslange passie, ‘n alledaagse avontuur, ‘n stil verslawing en ‘n bron van oneindige vreugde! Die kultuuraktiwiteite wat aangebied word is ‘n uitdaging vir ieder en elk en ons trek van skaakspelers tot jou geharde rugbyspelers. Wesvalia is die enigste skool in die omgewing wat kan spog met ‘n groot verskeidenheid kultuuraktiwiteite waar daar vir elke kind ‘n geleentheid is om uit te leef in kultuur.





+27 18 468 1023/4
+27 18 468 6792
Kontak ons: bemarking@wesvalia.co.za
Praat met ons/Klagtelyn: gabri@agmtn.co.za
H/v Readman en Scottstraat, Wilkoppies, Klerksdorp
Privaatsak X8, Klerksdorp, Flamwood, 257

Proudly designed by Kri8 MediaHouse | 2024